Loubser Familie
Hierdie pragtige gesin is op gesamentlike vriende se plaas afgeneem, naby Hopefield. Paul en Marilee het die pragtigste krulkop, blou-oog dogtertjie Nina wat versot is op diere en veral katte. Die goue sonsondergang het bygedra tot die mooiste lig en pragtige plaastonele. Wat ‘n lekker middag saam met vriende, geniet jul fotos:)