Gisela
Ek was so opgewonde toe Kika my skakel vir ‘n fotosessie met Gisela, dit voel of ek
jare laas ‘n dogterjie afgeneem het, want dis verseker die jaar van seuns! Dit
was so ‘n oulike idee net voor mamma weer begin werk het, het ons die mooiste
gesiggie vasgevang. Gisela het ons omtrent ‘n uur tyd gegee vir fotos voordat
sy weer gereed was vir haar ‘beauty sleep’. Sy is te pragtig, geniet jul fotos!